Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1960 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om vír of téén republiekwording te stem. Die stemming het op 5 Oktober 1960 plaasgevind. Die uitkoms was 'n rakelingse oorwinning vir die republikeine. Op 31 Mei 1961 het die Unie van Suid-Afrika tot 'n einde en die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Die dag is as republiekdag gedenk tot die vakansiedag in 1994 afgeskaf is.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search